Index: Afrikaans

 

Psalms 139

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

139:1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my.

139:2 U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.

139:3 U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend.

139:4 Want daar is nog geen woord op my tong nie- of U, HERE, U ken dit geheel en al.

139:5 U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my.

139:6 Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.

139:7 Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig?

139:8 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!

139:9 Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon,

139:10 ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

139:11 En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting, dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.

139:12 dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag,die duisternis is soos die lig.

139:13 Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.

139:14 Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.

139:15 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.

139:16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

139:17 Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie!

139:18 Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U.

139:19 o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg!

139:20 Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef- u teëstanders!

139:21 HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en 'n afsku hê van die wat teen U opstaan nie?

139:22 Ek haat hulle met 'n volkome haat; vyande is hulle vir my!

139:23 Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;

139:24 en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase