Index: Afrikaans

 

Psalms 21

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

21:1 Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid.

21:2 o HERE, die koning is bly oor u sterkte, en hoe baie juig hy oor u hulp!

21:3 U het hom die wens van sy hart gegee en die begeerte van sy lippe nie geweier nie. Sela.

21:4 Want U kom hom tegemoet met seëninge van die goeie; op sy hoof sit U 'n kroon van fyn goud.

21:5 Die lewe het hy van U begeer; U het hom dit gegee: lengte van dae, vir ewig en altyd.

21:6 Groot is sy eer deur u hulp; majesteit en heerlikheid het U op hom gelê.

21:7 Want U maak hom baie geseënd vir ewig; U maak hom bly met vreugde by u aangesig.

21:8 Want die koning vertrou op die HERE, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie.

21:9 U hand sal al u vyande vind; u regterhand sal u haters vind.

21:10 U sal hulle maak soos 'n vurige oond as U verskyn; die HERE sal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer.

21:11 U sal hulle vrug van die aarde af verdelg en hulle nageslag van die mensekinders af weg.

21:12 Want hulle het U met onheil bedreig; hulle het 'n listige plan uitgedink sonder om iets uit te rig.

21:13 Want U sal hulle dwing om te vlug; met u boogsnare sal u mik op hulle gesig.

21:14 Verhef U, HERE, in u sterkte; ons wil u heldekrag eer met psalmgesang!

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase