Index: Afrikaans

 

Psalms 68

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

68:1 Vir die musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. 'n Lied.

68:2 God staan op, sy vyande raak verstrooid, en sy haters vlug voor sy aangesig weg!

68:3 Soos rook verdryf word, verdryf U hulle; soos was smelt voor die vuur, vergaan die goddelose voor die aangesig van God.

68:4 Maar die regverdiges is bly, hulle juig voor die aangesig van God, en hulle is vrolik met blydskap.

68:5 Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: HERE is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!

68:6 'n Vader van die wese en 'n regter van die weduwees is God in sy heilige woning.

68:7 God laat die eensames woon in 'n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewiges woon in 'n dor land.

68:8 o God, toe U uitgetrek het voor u volk, toe U voortgestap het in die wildernis, Sela,

68:9 het die aarde gebewe! Ook het die hemele gedrup voor die aangesig van God; hierdie Sinai voor die aangesig van God, die God van Israel!

68:10 Met 'n milde reën het U, o God, u erfdeel besproei; en toe dit moeg was, het U dit versterk.

68:11 U skare het daarin gewoon; U het dit in u goedheid berei vir die ellendige, o God!

68:12 Die Here het die woord laat hoor- die vroue wat die goeie tyding gebring het, was 'n groot skare:

68:13 Die konings van die leërskare vlug, hulle vlug; en sy wat tuis gebly het, verdeel die buit.

68:14 As julle daar lê tussen die veekrale, is die vlerke van die duif oordek met silwer en sy vleuels met liggroen goud.

68:15 Toe die Almagtige konings daarin verstrooi het, het dit gesneeu op Salmon.

68:16 'n Berg van God is die berg Basan, 'n berg met toppe is die berg Basan.

68:17 Waarom kyk julle afgunstig, o berge met toppe, na die berg wat God begeer het vir sy woning? Ja, die HERE sal daar woon tot in ewigheid.

68:18 Die waens van God is tien duisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle; dit is Sinai in heiligheid.

68:19 U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke geneem onder die mense; ja, ook wederstrewiges om daar te woon, o HERE God!

68:20 Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela.

68:21 God is vir ons 'n God van verlossinge, en die HERE Here het uitkomste teen die dood.

68:22 Gewis, God sal die kop van sy vyande verbrysel, die harige skedel van hom wat in sy sondeskuld rondwandel.

68:23 Die Here het gesê: Ek sal terugbring uit Basan, Ek sal terugbring uit die dieptes van die see;

68:24 sodat jy jou voet kan steek in bloed, die tong van jou honde van die vyande sy deel kan hê.

68:25 o God, hulle sien u optogte, die optogte van my God, my Koning in die heiligdom.

68:26 Vooraan gaan die sangers, daaragter die snaarspelers, tussen jongmeisies in wat die tamboeryn slaan.

68:27 Loof God, die Here, in die vergaderinge, julle wat is uit die fontein van Israel!

68:28 Daar is Benjamin, die kleinste, wat oor hulle geheers het; die vorste van Juda- hulle menigte; die vorste van Sébulon, die vorste van Náftali.

68:29 Jou God het jou sterkte gebied: betoon U sterk, o God, wat vir ons gewerk het!

68:30 Ter wille van u tempel in Jerusalem sal die konings aan U geskenke bring.

68:31 Dreig die wilde gedierte van die riet- die trop stiere saam met die kalwers van die volke- die wat hulleself onderwerp met stukke silwer. Hy het die volke verstrooi wat lus het in oorloë.

68:32 Edeles sal uit Egipte kom, Kus sal haastig sy hande uitsteek na God.

68:33 o Koninkryke van die aarde, sing tot eer van God; psalmsing tot eer van die Here! Sela.

68:34 Van Hom wat ry in die hoogste hemele, wat uit die voortyd is; kyk, Hy verhef sy stem, 'n magtige stem.

68:35 Gee sterkte aan God! Sy hoogheid is oor Israel en sy sterkte in die wolke.

68:36 Vreeslik is God uit jou heiligdomme, o Israel! Die God van Israel- Hy gee aan die volk sterkte en kragte. Geloofd sy God!

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase