Index: Afrikaans

 

Psalms 49

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

49:1 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.

49:2 Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld,

49:3 geringes sowel as aansienlikes, tesame ryk en arm!

49:4 My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand.

49:5 Ek sal my oor neig tot 'n spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter.

49:6 Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring-

49:7 die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom?

49:8 Niemand kan ooit 'n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie

49:9 (want die losprys van hulle lewe is te kosbaar en vir ewig ontoereikend),

49:10 dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie.

49:11 Want hy sien: wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na.

49:12 Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van geslag tot geslag; hulle noem die lande na hul name.

49:13 Maar die mens wat in aansien is, hou nie stand nie; hy is soos die diere wat vergaan.

49:14 Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou, en van hulle volgelinge wat in hul woorde 'n behae het. Sela.

49:15 Soos skape word hulle bestem vir die doderyk; die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre; en hulle gestalte is daar vir die doderyk om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie.

49:16 Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela.

49:17 Wees nie bevrees as 'n man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie;

49:18 want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie.

49:19 Al ag hy homself gelukkig in sy lewe- en prys hulle jou, omdat jy aan jouself goed doen-

49:20 tog gaan sy siel na die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulle die lig nie sien nie.

49:21 Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase