Index: Afrikaans

 

Psalms 72

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

72:1 Van Salomo. o God, gee aan die koning u regte en u geregtigheid aan die seun van die koning.

72:2 Laat hy u volk oordeel met geregtigheid en u ellendiges met reg.

72:3 Die berge sal vrede dra vir die volk, en die heuwels, deur geregtigheid.

72:4 Hy sal aan die ellendiges van die volk reg verskaf, die kinders van die behoeftige verlos en die verdrukker verbrysel.

72:5 Hulle sal u vrees solank as die son skyn en solank as die maan daar is, van geslag tot geslag.

72:6 Hy sal neerdaal soos reën op die grasveld, soos buie- 'n swaar reën op die aarde.

72:7 In sy dae sal die regverdige bloei en volheid van vrede, totdat die maan nie meer is nie.

72:8 En hy sal heers van see tot see en van die Rivier tot by die eindes van die aarde.

72:9 Die bewoners van dor plekke sal voor hom kniel, en sy vyande sal die stof lek.

72:10 Die konings van Tarsis en van die eilande sal geskenke aanbied, die konings van Skeba en Seba belasting aanbring.

72:11 Ja, al die konings sal hulle voor hom buig, al die nasies sal hom dien.

72:12 Want hy sal die behoeftige red wat daar roep om hulp, en die ellendige en wie geen helper het nie.

72:13 Hy sal hom ontferm oor die arme en behoeftige, en die siele van die behoeftiges sal hy red.

72:14 Hy sal hulle siel verlos van verdrukking en geweld, en hulle bloed sal kosbaar wees in sy oë.

72:15 Mag hy dan lewe! en mag hulle aan hom gee van die goud van Skeba en altyddeur vir hom bid; mag hulle die hele dag hom seën!

72:16 Mag daar volheid van koring wees in die land, op die top van die berge; mag die vrug daarvan ruis soos die Líbanon; en mag hulle bloei uit die stad soos die plante van die aarde!

72:17 Mag sy naam vir ewig wees; mag sy naam uitspruit solank as die son daar is! En mag al die nasies in hom geseën word, hom gelukkig prys!

72:18 Geloofd sy die HERE God, die God van Israel, wat alleen wonders doen!

72:19 En geloofd sy vir ewig sy heerlike Naam! En laat die hele aarde met sy heerlikheid vervul word! Amen, ja amen.

72:20 Hier eindig die gebede van Dawid, die seun van Isai.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase