Index: Afrikaans

 

Psalms 74

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

74:1 'n Onderwysing van Asaf. o God, waarom het U vir altyd verstoot? Waarom rook u toorn teen die skape van u weide?

74:2 Dink aan u vergadering wat U in die voortyd verwerf het, wat U verlos het om die stam van u erfdeel te wees, aan die berg Sion waar U op gewoon het.

74:3 Hef u voete op na die ewige puinhope: alles het die vyand in die heiligdom verniel.

74:4 U teëstanders het binne-in u vergaderplek gebrul; hulle het hul tekens as tekens gestel.

74:5 Dit lyk soos wanneer iemand byle omhoog hef in 'n digte plek bome.

74:6 En nou- die houtsnywerk daarvan het hulle alles met byl en hamers stukkend geslaan.

74:7 Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek; tot die grond toe het hulle die woonplek van u Naam ontheilig.

74:8 Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van God in die land verbrand.

74:9 Ons sien nie ons tekens nie; daar is geen profeet meer nie, en by ons is daar niemand wat weet hoe lank nie.

74:10 Hoe lank, o God, sal die teëstander smaad aandoen, sal die vyand u Naam vir altyd verag?

74:11 Waarom trek U u hand, ja, u regterhand, terug? Trek dit uit u boesem! Vernietig!

74:12 Nogtans is God my Koning van die voortyd af, wat verlossinge werk op die aarde.

74:13 U het deur u sterkte die see geklief; U het die koppe van die seemonsters op die waters verbreek.

74:14 U het die koppe van die Leviátan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir 'n volk- vir woestyndiere.

74:15 U het fontein en stroom oopgeslaan; U het standhoudende riviere laat opdroog.

74:16 Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; U het hemelligte en son vasgestel.

74:17 U het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, U het hulle geformeer.

74:18 Dink hieraan: Die vyand het die HERE gesmaad, en 'n dwase volk het u Naam verag.

74:19 Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie.

74:20 Aanskou die verbond, want die donker plekke van die land is vol wonings van geweld.

74:21 Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige u Naam prys.

74:22 Staan op, o God, verdedig u saak; dink aan die smaad wat U die hele dag aangedoen word deur 'n dwaas.

74:23 Vergeet nie die geroep van u teëstanders nie- die rumoer van u opstandige vyande, wat altyddeur opgaan!

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase