Index: Afrikaans

 

Psalms 105

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

105:1 Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend.

105:2 Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders.

105:3 Beroem julle in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees.

105:4 Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur.

105:5 Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond,

105:6 o nageslag van Abraham, sy kneg, o kinders van Jakob, sy uitverkorenes!

105:7 Hy, die HERE, is onse God; oor die hele aarde is sy oordele.

105:8 Hy dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte-

105:9 die verbond wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak;

105:10 wat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, vir Israel as 'n ewige verbond,

105:11 met die woorde: Ek sal aan jou die land Kanaän gee, julle aangewese erfdeel.

105:12 Toe hulle min mense was, min en vreemdelinge daarin,

105:13 en hulle getrek het van nasie tot nasie, van die een koninkryk na die ander volk,

105:14 het Hy geen mens toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê:

105:15 Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.

105:16 En Hy het 'n hongersnood oor die land geroep: elke staf van brood het Hy verbreek.

105:17 Hy het 'n man voor hulle uit gestuur: Josef is as slaaf verkoop.

105:18 Hulle het sy voete in boeie geknel, hy self het in die ysters gekom,

105:19 tot op die tyd dat sy woord uitgekom het, die woord van die HERE hom beproef verklaar het.

105:20 Die koning het gestuur en hom losgemaak, die heerser van die volke, en hom losgelaat.

105:21 Hy het hom aangestel as heer oor sy huis en as heerser oor al sy goed;

105:22 om sy vorste te bind na sy begeerte, en aan sy oudstes moes hy wysheid leer.

105:23 Toe het Israel na Egipte gekom, en Jakob het as vreemdeling vertoef in die land van Gam.

105:24 En Hy het sy volk baie vrugbaar gemaak en dit meer versterk as sy teëstanders.

105:25 Hy het hulle hart verander, om sy volk te haat, om listig teen sy knegte te handel.

105:26 Hy het Moses, sy kneg, gestuur en Aäron wat Hy uitgekies het.

105:27 Dié het onder hulle sy aangekondigde tekens gedoen en wonders in die land van Gam.

105:28 Hy het duisternis gestuur en dit donker gemaak; en hulle was teen sy woorde nie wederstrewig nie.

105:29 Hy het hulle waters verander in bloed en hulle visse laat sterwe.

105:30 Hulle land het gewemel van paddas, in die kamers van hulle konings.

105:31 Hy het gespreek, en daar het steekvlieë gekom, muskiete in hulle hele grondgebied.

105:32 Hy het hulle reëns hael gemaak, vuurvlamme in hulle land.

105:33 En Hy het hulle wingerdstok en hulle vyeboom geslaan en die bome van hulle grondgebied verbreek.

105:34 Hy het gespreek, en daar het sprinkane gekom en voetgangers sonder getal,

105:35 wat al die plante in hulle land opgeëet het, ja, opgeëet het die vrugte van hulle grond.

105:36 Hy het ook al die eersgeborenes in hulle land getref, die eerstelinge van al hulle krag.

105:37 Toe het Hy hulle laat uitgaan met silwer en goud, en onder sy stamme was daar niemand wat struikel nie.

105:38 Egipte was bly toe hulle uittrek, want vrees vir hulle het op hulle geval.

105:39 Hy het 'n wolk uitgebrei as bedekking en vuur om die nag te verlig.

105:40 Hulle het gebid: toe laat Hy kwartels kom; en Hy het hulle versadig met hemelbrood.

105:41 Hy het 'n rots oopgemaak, en waters het gevloei; dit het geloop deur die dor plekke- 'n rivier!

105:42 Want Hy het gedink aan sy heilige woord, aan Abraham, sy kneg.

105:43 En Hy het sy volk laat uitgaan met vreugde, sy uitverkorenes met gejubel.

105:44 En Hy het aan hulle die lande van die heidene gegee, en wat deur volke met moeite verwerf is, het hulle in besit geneem,

105:45 dat hulle sy insettinge kan onderhou en sy wette bewaar. Halleluja!

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase