Index: Afrikaans

 

Psalms 34

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

34:1 'n Psalm van Dawid, toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abiméleg en dié hom weggejaag het, sodat hy heengegaan het.

34:2 Alef. Ek wil die HERE altyd loof; sy lof sal altyddeur in my mond wees.

34:3 Bet. My siel sal hom beroem in die HERE; die ootmoediges sal dit hoor en bly wees.

34:4 Gimel. Maak die HERE saam met my groot, en laat ons saam sy Naam verhef!

34:5 Dalet. Ek het die HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered.

34:6 He. Hulle het Hom aangesien en gestraal van vreugde, en hulle aangesig hoef nie rooi van skaamte te word nie.

34:7 Sajin. Hierdie ellendige het geroep, en die HERE het gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos.

34:8 Get. Die Engel van die HERE trek 'n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.

34:9 Tet. Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!

34:10 Jod. Vrees die HERE, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie.

34:11 Kaf. Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat die HERE soek, het geen gebrek aan enigiets nie.

34:12 Lamed. Kom, kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van die HERE leer.

34:13 Mem. Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die goeie te sien?

34:14 Noen. Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie.

34:15 Samek. Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is; soek die vrede en jaag dit na.

34:16 Ajin. Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep.

34:17 Pe. Die aangesig van die HERE is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei.

34:18 Sade. Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede.

34:19 Kof. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.

34:20 Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom.

34:21 Sjin. Hy bewaar al sy bene: nie een daarvan word gebreek nie.

34:22 Tau. Die onheil maak die goddelose dood; en die wat die regverdige haat, moet daarvoor boet.

34:23 Die HERE verlos die siel van sy knegte; en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase