Index: Afrikaans

 

Psalms 81

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

81:1 Vir die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Asaf.

81:2 Jubel tot eer van God, ons sterkte! Juig tot eer van die God van Jakob!

81:3 Hef aan 'n lied en laat die tamboeryn klink, die lieflike siter saam met die harp.

81:4 Blaas die basuin op nuwemaan, op volmaan vir ons feesdag.

81:5 Want dit is 'n insetting vir Israel, 'n verordening van die God van Jakob.

81:6 Hy het dit ingestel as getuienis in Josef toe Hy uitgetrek het teen Egipteland. 'n Taal wat ek nie geken het nie, het ek gehoor:

81:7 Ek het sy skouer bevry van die las, sy hande het die mandjie gelos.

81:8 In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek het jou getoets by die waters van Mériba. Sela.

81:9 Hoor, my volk, en Ek wil jou dit inskerp; Israel, as jy tog na My wou luister!

81:10 Daar mag by jou geen vreemde god wees nie, en voor 'n uitlandse god mag jy jou nie neerbuig nie.

81:11 Ek is die HERE jou God wat jou laat optrek het uit Egipteland; maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul.

81:12 Maar my volk het na my stem nie geluister nie, en Israel was vir My nie gewillig nie.

81:13 Toe het Ek hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel.

81:14 Ag, as my volk maar na My wou luister, Israel in my weë wou wandel!

81:15 Gou sou Ek hul vyande onderwerp en my hand teen hul teëstanders uitstrek.

81:16 Die haters van die HERE sou kruipende na Hom toe kom; maar húlle tyd sou vir ewig wees.

81:17 Ja, Hy sou hulle voed met die beste van die koring; en met heuning uit die rots sou Ek jou versadig.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase