Index: Afrikaans

 

Psalms 22

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

22:1 Vir die musiekleier; op die wysie van: Die hert van die dageraad. 'n Psalm van Dawid.

22:2 My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul?

22:3 My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie.

22:4 Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!

22:5 Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered.

22:6 Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.

22:7 Maar ek is 'n wurm en geen man nie, 'n smaad van die mense en verag deur die volk.

22:8 Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê:

22:9 Laat dit aan die HERE oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom!

22:10 Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors.

22:11 Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God.

22:12 Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.

22:13 Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring.

22:14 Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos 'n leeu wat verskeur en brul.

22:15 Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande.

22:16 My krag is verdroog soos 'n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.

22:17 Want honde het my omsingel; 'n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.

22:18 Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!

22:19 Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.

22:20 Maar U, HERE, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!

22:21 Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond.

22:22 Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor!

22:23 Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.

22:24 Julle wat die HERE vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!

22:25 Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp.

22:26 Van U kom my lof in 'n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.

22:27 Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die HERE prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe!

22:28 Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid.

22:29 Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy heers oor die nasies.

22:30 Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie.

22:31 'n Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die HERE aan die volgende geslag.

22:32 Hulle sal aankom en sy geregtigheid verkondig aan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase