Index: Afrikaans

 

Psalms 29

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

29:1 'n Psalm van Dawid. Gee aan die HERE, o hemelinge, gee aan die HERE eer en sterkte!

29:2 Gee aan die HERE die eer van sy Naam; aanbid die HERE in heilige sieraad!

29:3 Die stem van die HERE is op die waters, die God van eer donder; die HERE is op die groot waters.

29:4 Die stem van die HERE is met krag; die stem van die HERE is met heerlikheid.

29:5 Die stem van die HERE breek seders; ja, die HERE verbreek die seders van die Líbanon;

29:6 en Hy laat hulle opspring soos 'n kalf, die Líbanon en Sirjon soos 'n jong buffel.

29:7 Die stem van die HERE slaan daar vuurvlamme uit.

29:8 Die stem van die HERE laat die woestyn bewe; die HERE laat die woestyn van Kades bewe.

29:9 Die stem van die HERE laat die takbokke lam en maak die bosse kaal; maar in sy paleis sê elkeen: Heerlikheid!

29:10 Die HERE het gesit oor die Watervloed; ja, die HERE sit as Koning tot in ewigheid.

29:11 Die HERE sal sy volk sterkte gee, die HERE sal sy volk seën met vrede.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase