Index: Afrikaans

 

Psalms 86

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

86:1 'n Gebed van Dawid. HERE, neig u oor, verhoor my, want ek is ellendig en behoeftig.

86:2 Bewaar my siel, want 'n gunsgenoot is ek; U, my God, verlos u kneg wat op U vertrou.

86:3 Wees my genadig, o Here, want ek roep U aan die hele dag deur.

86:4 Verbly die siel van u kneg, want tot U, o Here, hef ek my siel op.

86:5 Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.

86:6 HERE, luister na my gebed en let op die stem van my smekinge.

86:7 In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my.

86:8 Daar is niemand soos U onder die gode, Here, en daar is niks soos u werke nie.

86:9 Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer;

86:10 want U is groot en doen wonders, U alleen is God.

86:11 Leer my, HERE, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.

86:12 Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer;

86:13 want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.

86:14 o God, vermeteles het teen my opgestaan, en 'n bende tiranne soek my lewe; en hulle stel U nie voor hul oë nie.

86:15 Maar U, Here, is 'n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.

86:16 Wend U tot my en wees my genadig; gee u sterkte aan u kneg en verlos die seun van u diensmaagd.

86:17 Doen aan my 'n teken ten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd kan staan, omdat U, o HERE, my gehelp en getroos het.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase