Index: Afrikaans

 

Psalms 115

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

115:1 Nie aan ons, o HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer, om u goedertierenheid, om u trou ontwil.

115:2 Waarom sou die heidene sê: Waar is dan hulle God?

115:3 terwyl onse God tog in die hemel is; Hy doen alles wat Hom behaag.

115:4 Hulle afgode is silwer en goud, 'n werk van mensehande.

115:5 Hulle het 'n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;

115:6 ore het hulle, maar hoor nie; hulle het 'n neus, maar ruik nie;

115:7 hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul keel nie.

115:8 Die wat hulle maak, sal net soos hulle word- elkeen wat op hulle vertrou.

115:9 Israel, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild!

115:10 Huis van Aäron, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild!

115:11 Julle wat die HERE vrees, vertrou op die HERE: Hy is hulle hulp en hulle skild.

115:12 Die HERE het aan ons gedink: Hy sal seën, Hy sal die huis van Israel seën, Hy sal die huis van Aäron seën.

115:13 Hy sal diegene seën wat die HERE vrees, die kleintjies saam met die grotes.

115:14 Die HERE sal julle vermenigvuldig, julle en jul kinders.

115:15 Julle is geseënd deur die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

115:16 Die hemele is hemele vir die HERE, maar die aarde het Hy aan die mensekinders gegee.

115:17 Die dode en almal wat na die stilte neerdaal, sal die HERE nie loof nie;

115:18 maar óns sal die HERE prys, van nou af tot in ewigheid. Halleluja!

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase