Index: Afrikaans

 

Psalms 50

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

50:1 'n Psalm van Asaf. Die God van die gode, die HERE, spreek en roep die aarde, van die opgang van die son af tot sy ondergang toe.

50:2 Uit Sion, die volkomenheid van skoonheid, verskyn God in ligglans.

50:3 Onse God kom en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig.

50:4 Hy roep na die hemel daarbo, en na die aarde, om sy volk te oordeel:

50:5 Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my verbond by die offer sluit!

50:6 En- die hemele verkondig sy geregtigheid, want God staan gereed om te oordeel! Sela.

50:7 Hoor, my volk, dat Ek kan spreek; Israel, dat Ek jou dit kan inskerp: Ek is God, jou God!

50:8 Oor jou offers bestraf Ek jou nie, en jou brandoffers is altyddeur voor My.

50:9 Ek hoef uit jou huis geen stier te neem of bokke uit jou krale nie;

50:10 want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende.

50:11 Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld, is van My.

50:12 As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is myne en sy volheid.

50:13 Sou Ek vleis van stiere eet of bloed van bokke drink?

50:14 Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste;

50:15 en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.

50:16 Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond-

50:17 terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp?

50:18 As jy 'n dief sien, dan geval dit jou by hom, en jou deel is met die egbrekers.

50:19 Jou mond laat jy los in boosheid, en jou tong vleg bedrog.

50:20 Jy sit en praat teen jou broer, die seun van jou moeder beskimp jy.

50:21 Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor oë stel.

50:22 Verstaan dit tog, o Godvergeters, sodat Ek nie verskeur sonder dat iemand red nie.

50:23 Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase