Index: Afrikaans

 

Psalms 25

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

25:1 'n Psalm van Dawid. Alef. Tot U, o HERE, hef ek my siel op.

25:2 Bet. My God, op U vertrou ek; laat my nie beskaamd staan nie; laat my vyande oor my nie juig nie.

25:3 Gimel. Ja, almal wat U verwag, sal nie beskaamd staan nie. Hulle sal beskaamd staan wat troueloos handel sonder oorsaak.

25:4 Dalet. HERE, maak my u weë bekend; leer my u paaie.

25:5 He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.

25:6 Sajin. Dink, HERE, aan u barmhartigheid en u goedertierenhede, want dié is van ewigheid af.

25:7 Get. Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o HERE!

25:8 Tet. Die HERE is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.

25:9 Jod. Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer.

25:10 Kaf. Al die paaie van die HERE is goedertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar.

25:11 Lamed. Om u Naam ontwil, HERE, vergeef my ongeregtigheid, want dit is groot.

25:12 Mem. Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies.

25:13 Noen. Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit.

25:14 Samek. Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.

25:15 Ajin. My oë is altyddeur op die HERE, want Hy sal my voete uit die net uitlei.

25:16 Pe. Wend U tot my en wees my genadig, want ek is eensaam en ellendig.

25:17 Sade. Die benoudhede van my hart is wyd uitgestrek; lei my uit my angste.

25:18 Resj. Aanskou my ellende en my moeite, en vergeef al my sondes.

25:19 Resj. Aanskou my vyande, want hulle is talryk, en hulle haat my met 'n gewelddadige haat.

25:20 Sjin. Bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek.

25:21 Tau. Laat vroomheid en opregtheid my bewaar, want U verwag ek.

25:22 o God, verlos Israel uit al sy benoudhede!

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase