Index: Afrikaans

 

Psalms 30

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

30:1 'n Psalm, 'n lied by die inwyding van die Huis. Van Dawid.

30:2 Ek sal U verhoog, HERE, want U het my opgetrek en my vyande oor my nie laat bly wees nie.

30:3 HERE, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak.

30:4 HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal.

30:5 Psalmsing tot eer van die HERE, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedenknaam;

30:6 want 'n oomblik is daar in sy toorn, 'n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuig.

30:7 Ek het wel in my sorgeloosheid gesę: Ek sal vir ewig nie wankel nie.

30:8 HERE, U het my berg deur u welbehae sterk laat staan. U het u aangesig verberg- ek het verskrik geword!

30:9 Ek het U aangeroep, HERE, en ek het die HERE gesmeek:

30:10 Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig?

30:11 Hoor, HERE, en wees my genadig! HERE, wees my 'n helper!

30:12 U het my weeklag vir my verander in 'n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord;

30:13 sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase