Index: Afrikaans

 

Psalms 95

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

95:1 Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil!

95:2 Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig!

95:3 Want die HERE is 'n grote God, ja, 'n groot Koning bo al die gode.

95:4 In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is syne.

95:5 Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat sy hande geformeer het.

95:6 Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het.

95:7 Want Hy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag, as julle vandag maar na sy stem wou luister!

95:8 Verhard julle hart nie soos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie;

95:9 waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het.

95:10 Veertig jaar het Ek 'n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is 'n volk met 'n dwalende hart, en hulle ken my weë nie;

95:11 sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie!

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase