Index: Afrikaans

 

Psalms 7

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

7:1 Sjiggajon van Dawid wat hy tot eer van die HERE gesing het weens die woorde van Kus, die Benjaminiet.

7:2 HERE, my God, by U skuil ek; verlos my van al my vervolgers en red my;

7:3 sodat hy nie soos 'n leeu my verskeur en wegruk sonder dat iemand red nie.

7:4 HERE, my God, as ek dit gedoen het, as daar onreg in my hande is,

7:5 as ek hóm kwaad aangedoen het wat in vrede met my geleef het (ja, ek het hom gered wat my sonder oorsaak vyandig was),

7:6 mag die vyand my dan vervolg en inhaal en my lewe teen die grond vertrap en my eer in die stof laat woon. Sela.

7:7 Staan op, HERE, in u toorn, verhef U teen die grimmigheid van my teëstanders en ontwaak vir my, U wat die reg beveel het!

7:8 En laat die vergadering van die volke U omring; keer dan bo hulle terug in die hoogte!

7:9 Die HERE oordeel die volke. Doen aan my reg, HERE, na my geregtigheid en na my onskuld wat by my is.

7:10 Laat tog die boosheid van die goddelose mense 'n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God!

7:11 My skild is by God wat die opregtes van hart verlos.

7:12 God is 'n regverdige regter, en 'n God wat elke dag toornig is.

7:13 As hy hom nie bekeer nie, maak Hy sy swaard skerp; Hy span sy boog en mik daarmee

7:14 en berei vir hom dodelike werktuie; Hy maak sy pyle brandende wapens.

7:15 Kyk, hy is in barensweë van onreg en is swanger van moeite; hy baar leuens.

7:16 Hy het 'n kuil gegrawe en dit uitgehol; maar hy het geval in die vangkuil wat hy gemaak het.

7:17 Die onheil wat hy gestig het, keer op sy hoof terug, en sy geweld kom op sy skedel neer.

7:18 Ek wil die HERE loof na sy geregtigheid en die Naam van die HERE, die Allerhoogste, psalmsing.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase