Index: Afrikaans

 

Psalms 77

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

77:1 Vir die musiekleier; op die wysie van: Jedútun. 'n Psalm van Asaf.

77:2 My stem is tot God en ek roep; my stem is tot God, dat Hy na my kan luister.

77:3 Op die dag van my benoudheid soek ek die HERE; snags bly my hand uitgestrek sonder om moeg te word; my siel weier om getroos te word.

77:4 As ek aan God dink, moet ek steun; peins ek, dan versmag my gees. Sela.

77:5 U hou my ooglede oop; ek is onrustig en kan nie spreek nie.

77:6 Ek dink oor die dae van die voortyd, oor die ou, ou jare.

77:7 Ek wil dink aan my snarespel in die nag, wil peins met my hart, en my gees deurvors:

77:8 Sal die Here vir altyd verstoot en verder nie meer goedgunstig wees nie?

77:9 Hou sy goedertierenheid vir altyd op? Is dit met die belofte gedaan van geslag tot geslag?

77:10 Het God vergeet om genadig te wees? Of het Hy in toorn sy barmhartighede toegesluit? Sela.

77:11 Toe het ek gesê: Dit is my grootste bekommernis dat die regterhand van die Allerhoogste verander!

77:12 Ek dink aan die dade van die HERE; ja, ek wil dink aan u wonders uit die voortyd

77:13 en al u werk oordink, en ek wil peins oor u dade.

77:14 o God, u weg is in heiligheid. Wie is 'n groot God soos God?

77:15 U is die God wat wonders doen; U het u sterkte onder die volke bekend gemaak.

77:16 U het u volk met 'n sterk arm verlos, die kinders van Jakob en van Josef. Sela.

77:17 Die waters het U gesien, o God, die waters het U gesien, hulle het gebewe; ja, die watervloede het gesidder.

77:18 Die wolke het water uitgegiet,die hemele het donder laat hoor, ook het u pyle rondgevlieg.

77:19 U rollende donder het weerklink;bliksems het die wêreld verlig;die aarde het gesidder en gebewe.

77:20 U weg was in die see en u paaie in groot waters, en u spore was nie te beken nie.

77:21 U het u volk soos skape gelei deur die hand van Moses en Aäron.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase