Index: Afrikaans

 

Psalms 5

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

5:1 Vir die musiekleier; met fluite. 'n Psalm van Dawid.

5:2 o HERE, luister na my woorde, let op my versugting.

5:3 Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.

5:4 In die môre, HERE, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.

5:5 Want U is nie 'n God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoener sal by U nie vertoef nie.

5:6 Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.

5:7 U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het die HERE 'n afsku.

5:8 Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan, my buig na u heilige tempel, in u vrees.

5:9 HERE, lei my in u geregtigheid om my vyande ontwil; maak u weg voor my reg.

5:10 Want in hulle mond is niks betroubaars nie; hulle binneste bring onheil; hulle keel is 'n oop graf; hulle maak hul tong glad.

5:11 Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge, want hulle is wederstrewig teen U.

5:12 Maar laat húlle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet.

5:13 Want U seën die regverdige, o HERE, U omring hom met welbehae soos met 'n skild.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase