Index: Afrikaans

 

Psalms 118

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

118:1 Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!

118:2 Laat Israel dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!

118:3 Laat die huis van Aäron dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!

118:4 Laat die wat die HERE vrees, dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!

118:5 Uit die benoudheid het ek die HERE aangeroep; die HERE het my verhoor in die ruimte.

118:6 Die HERE is vír my; ek sal nie vrees nie: wat kan 'n mens my doen?

118:7 Die HERE is vír my as my helper; so sal ék dan neersien op die wat my haat.

118:8 Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou.

118:9 Dit is beter om by die HERE te skuil as om op edeles te vertrou.

118:10 Al die heidene het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.

118:11 Hulle het my omsingel, ja, hulle het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.

118:12 Hulle het my omsingel soos bye- hulle is uitgeblus soos 'n doringtakvuur; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.

118:13 Jy het my hard gestamp om my te laat val, maar die HERE het my gehelp.

118:14 Die HERE is my sterkte en psalm, en Hy het my tot heil geword.

118:15 'n Stem van gejubel en van heil is in die tente van die regverdiges: die regterhand van die HERE doen kragtige dade.

118:16 Die regterhand van die HERE verhef; die regterhand van die HERE doen kragtige dade.

118:17 Ek sal nie sterwe nie, maar lewe en die werke van die HERE vertel.

118:18 Die HERE het my hard gekasty, maar my aan die dood nie oorgegee nie.

118:19 Maak oop vir my die poorte van die geregtigheid; ek wil daardeur ingaan, ek wil die HERE loof.

118:20 Dit is die poort van die HERE; regverdiges mag daardeur ingaan.

118:21 Ek wil U loof, omdat U my verhoor het en my tot heil geword het.

118:22 Die steen wat die bouers verwerp het, het 'n hoeksteen geword.

118:23 Dit het van die HERE gekom; dit is wonderbaar in ons oë.

118:24 Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.

118:25 Ag, HERE, gee tog heil; ag, HERE, gee tog voorspoed!

118:26 Geseënd is hy wat kom in die Naam van die HERE! Ons seën julle uit die huis van die HERE.

118:27 Die HERE is God, en Hy het vir ons lig gegee. Bind die feesoffer met toue, tot by die horings van die altaar.

118:28 U is my God, en ek wil U loof; o my God, ek wil U verhoog.

118:29 Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase