Index: Afrikaans

 

Psalms 55

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

55:1 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. n Onderwysing van Dawid.

55:2 o God, hoor my gebed en verberg U nie vir my smeking nie.

55:3 Luister na my en verhoor my; in my onrus dwaal ek rond en is verward,

55:4 weens die geroep van die vyand, weens die geraas van die goddelose; want hulle stort onreg op my af, en in toorn behandel hulle my as vyand.

55:5 My hart krimp inmekaar in my binneste, en verskrikkinge van die dood het op my geval.

55:6 Vrees en bewing kom oor my, en angs oordek my.

55:7 Toe het ek gesę: Ag, had ek maar vlerke soos 'n duif, dan sou ek wegvlieg en wegbly!

55:8 Kyk, ek sou ver wegvlug; ek sou vernag in die woestyn! Sela.

55:9 Gou sou ek vir my 'n skuilplek soek teen die onstuimige wind, teen die storm.

55:10 Verwar, Here, verdeel hulle spraak, want ek sien geweld en twis in die stad.

55:11 Dag en nag omring hulle dit op sy mure, en binnekant is onreg en moeite.

55:12 Wat onheil aanbring, is daarbinne, en verdrukking en bedrog wyk nie van sy markplein nie.

55:13 Want dit is geen vyand wat my smaad nie, anders sou ek dit dra; dit is nie my hater wat hom teen my groot maak nie, anders sou ek my vir hom wegsteek;

55:14 maar jy, 'n man soos ek, my vriend en my vertroude!

55:15 Ons wat innig met mekaar omgegaan het, in die huis van God gewandel het met die woelige skare.

55:16 Laat die dood hulle oorval, laat hulle lewendig in die doderyk neerdaal; want boosheid is in hulle woning, in hulle binneste.

55:17 Maar ek, ek roep God aan, en die HERE sal my verlos.

55:18 Saans en smôrens en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem.

55:19 Hy verlos my siel in vrede van die stryd teen my, want met menigtes is hulle teen my.

55:20 God sal hoor en hulle antwoord; ja, Hy wat op die troon sit van lankal af, Sela; omdat by hulle geen verbetering is en hulle God nie vrees nie.

55:21 Hy het sy hande uitgesteek teen die wat in vrede met hom geleef het; hy het sy verbond ontheilig.

55:22 Glad is die botterwoorde van sy mond, maar sy hart is oorlog; sy woorde is sagter as olie, maar hulle is ontblote swaarde.

55:23 Werp jou sorg op die HERE, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.

55:24 Maar U, o God, sal hulle laat neerdaal in die put van vernietiging; manne van bloed en bedrog sal hulle dae nie tot op die helfte bring nie; maar ék vertrou op U.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase