Index: Afrikaans

 

Psalms 109

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

109:1 Vir die musiekleier. Van Dawid. 'n Psalm. o God van my lof, moenie swyg nie!

109:2 Want hulle het die mond van die goddelose en die mond van bedrog teen my oopgemaak; hulle het met my gespreek met 'n leuenagtige tong,

109:3 en my met woorde van haat omring; ja, hulle het my sonder oorsaak beveg.

109:4 Vir my liefde behandel hulle my vyandig, terwyl ek tog gedurig bid.

109:5 En hulle het my kwaad vir goed opgelê en haat vir my liefde.

109:6 Stel 'n goddelose oor hom en laat 'n teëstander staan aan sy regterhand.

109:7 As hy geoordeel word, laat hom as skuldige uitgaan, en laat sy gebed sonde word.

109:8 Laat sy dae min wees; laat 'n ander sy amp neem.

109:9 Laat sy kinders wese word en sy vrou 'n weduwee;

109:10 en laat sy kinders oral rondswerwe en bedel en brood soek, weg van hulle puinhope af.

109:11 Laat die skuldeiser alles neem wat hy het, en laat vreemdes sy goed buitmaak.

109:12 Laat hom niemand hê wie se guns bestendig is, en laat niemand hom oor sy wese ontferm nie.

109:13 Laat sy nakomelinge uitgeroei word; laat hulle naam uitgedelg word in die volgende geslag.

109:14 Laat die HERE gedagtig wees aan die ongeregtigheid van sy vaders, en laat die sonde van sy moeder nie uitgedelg word nie.

109:15 Laat dié altyddeur voor die HERE wees, dat Hy hulle gedagtenis van die aarde af kan uitroei;

109:16 omdat hy nie daaraan gedink het om guns te bewys nie, maar die ellendige en behoeftige man vervolg het en die moedelose van hart, om hom dood te maak.

109:17 Ja, hy het die vloek liefgehad en- dit het oor hom gekom; en hy het geen welbehae gehad in die seën nie en- dit het ver van hom af gebly.

109:18 Hy het die vloek aangetrek soos 'n kleed en- dit het soos water in sy binneste gekom en soos olie in sy gebeente.

109:19 Laat dit vir hom wees soos 'n kleed waarin hy hom toedraai, en 'n gordel wat hy altyddeur ombind.

109:20 Laat dit die loon van my teëstanders wees vanweë die HERE, en van hulle wat kwaad spreek teen my.

109:21 Maar U, o HERE Here, maak dit goed met my om u Naam ontwil; omdat u goedertierenheid goed is, red my.

109:22 Want ek is ellendig en behoeftig, en my hart is deurwond in my binneste.

109:23 Ek gaan heen soos 'n skaduwee as dit lank word; ek is afgeskud soos 'n sprinkaan.

109:24 My knieë knik van vas, en my vlees het maer geword, sonder vet.

109:25 En ék het vir hulle 'n smaad geword; as hulle my sien, skud hulle hul hoof.

109:26 Help my, HERE my God! Verlos my na u goedertierenheid,

109:27 sodat hulle kan weet dat dit u hand is: U, o HERE, het dit gedoen.

109:28 Laat húlle vloek, maar U, seën U. Hulle het opgestaan en beskaamd geword, maar u kneg is bly.

109:29 Laat my teëstanders beklee word met smaad en hulle toedraai in hul skande soos in 'n mantel.

109:30 Ek sal die HERE hardop loof met my mond, en onder baie sal ek Hom prys;

109:31 want Hy staan aan die regterhand van die behoeftige om hom te verlos van die wat hom veroordeel.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase