Index: Afrikaans

 

Psalms 92

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

92:1 'n Psalm. 'n Lied vir die sabbatdag.

92:2 Dit is goed om die HERE te loof en tot eer van u Naam te psalmsing, o Allerhoogste,

92:3 om in die môre u goedertierenheid te verkondig en u getrouheid in die nagte;

92:4 by die tiensnarige instrument en by die harp, by snarespel op die siter.

92:5 Want U het my bly gemaak, HERE, deur u dade; ek jubel oor die werke van u hande.

92:6 Hoe groot is u werke, o HERE; baie diep is u gedagtes!

92:7 'n Dom mens weet nie, en 'n dwaas verstaan dit nie:

92:8 as die goddelose mense groei soos die plante en al die werkers van ongeregtigheid bloei, is dit om hulle vir ewig te verdelg.

92:9 Maar U is hoog verhewe tot in ewigheid, HERE!

92:10 Want kyk, u vyande, o HERE, want kyk, u vyande sal vergaan; al die werkers van ongeregtigheid sal verstrooi word.

92:11 Maar U verhoog my horing soos van 'n buffel; ek is met vars olie gesalf.

92:12 En my oog sien met welgevalle neer op die wat my voorlê, my ore hoor van die wat teen my as kwaaddoeners opstaan.

92:13 Die regverdige sal groei soos 'n palmboom; hy sal opgroei soos 'n seder op die Líbanon.

92:14 Geplant in die huis van die HERE, sal hulle groei in die voorhowe van onse God.

92:15 In die gryse ouderdom sal hulle nog vrugte dra, hulle sal vet en groen wees,

92:16 om te verkondig dat die HERE reg is, my rots, en in Hom is geen onreg nie.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase