Index: Afrikaans

 

Psalms 80

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

80:1 Vir die musiekleier; op die wysie van: Lelies. 'n Getuienis. Van Asaf. 'n Psalm.

80:2 o Herder van Israel, hoor tog; U wat Josef soos skape lei, wat bo-oor die gérubs troon, verskyn in ligglans!

80:3 Wek u mag op voor Efraim en Benjamin en Manasse, en kom ons te hulp!

80:4 o God, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

80:5 o HERE, God van die leërskare, hoe lank nog rook u toorn by die gebed van u volk?

80:6 U het hulle tranebrood laat eet, hulle oorvloedig trane laat drink.

80:7 U het ons 'n voorwerp van stryd gemaak vir ons bure, en ons vyande drywe die spot.

80:8 o God van die leërskare, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

80:9 'n Wingerdstok het U uitgetrek uit Egipte; U het die nasies uitgedrywe en hom geplant.

80:10 U het voor hom plek gemaak, en hy het wortels geskiet en die land vervul.

80:11 Die berge was oordek met sy skaduwee, en met sy ranke die seders van God.

80:12 Hy het sy ranke uitgebrei tot by die see en sy lote na die Rivier toe.

80:13 Waarom het U sy mure stukkend gebreek, sodat almal wat met die pad verbygaan, hom kaalpluk?

80:14 Die wildevark uit die bos eet hom op, en wat roer op die veld, wei hom af.

80:15 o God van die leërskare, kom tog terug; aanskou uit die hemel en kyk, en gee ag op hierdie wingerdstok;

80:16 en wees 'n beskerming vir wat u regterhand geplant het, en oor die seun wat U vir Uself grootgemaak het.

80:17 Hy is met vuur verbrand, hy is afgekap; vanweë die dreiging van u aangesig kom hulle om.

80:18 Laat u hand wees oor die man van u regterhand, oor die menseseun wat U vir Uself grootgemaak het.

80:19 Dan sal ons nie van U afwyk nie; hou ons in die lewe, dan sal ons u Naam aanroep.

80:20 o HERE, God van die leërskare, herstel ons; laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase