Index: Afrikaans

 

Psalms 60

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

60:1 Vir die musiekleier; op die wysie van: Die Lelie van die Getuienis. 'n Gedig van Dawid, om te onderrig.

60:2 Toe hy oorlog gevoer het teen die Arameërs van Mesopotámië en die Arameërs van Soba, en Joab teruggekom en die Edomiete verslaan het in die Soutdal, twaalf duisend.

60:3 o God, U het ons verstoot, ons vanmekaar geskeur; U was toornig; herstel ons!

60:4 U het die land laat bewe, dit gekloof; genees sy breuke, want dit wankel!

60:5 U het u volk harde dinge laat sien; U het ons bedwelmende wyn laat drink.

60:6 U het aan die wat u vrees, 'n banier gegee, om te vlug vir die boog! Sela.

60:7 Sodat u bemindes gered mag word; verlos deur u regterhand en verhoor ons!

60:8 God het gespreek in sy heiligdom: Ek wil jubel, Ek wil Sigem verdeel en die dal van Sukkot afmeet.

60:9 Gílead is myne en Manasse is myne, en Efraim is die beskutting van my hoof; Juda is my veldheerstaf.

60:10 Moab is my waskom; op Edom werp Ek my skoen; jubel oor My, o Filistéa!

60:11 Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie kan my lei tot in Edom?

60:12 Het U, o God, ons nie verwerp nie? En U trek nie uit, o God, saam met ons leërs nie.

60:13 Verleen ons hulp teen die vyand, want die mens se hulp is ydelheid.

60:14 In God sal ons kragtige dade doen, en Hy self sal ons vyande vertrap.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase