Index: Afrikaans

 

Psalms 59

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

59:1 Vir die musiekleier; op die wysie van: Moenie verwoes nie. Van Dawid. 'n Gedig, toe Saul gestuur het en hulle die huis laat bewaak het om hom dood te maak.

59:2 Red my van my vyande, o my God! Beskerm my teen my teëstanders!

59:3 Red my van die werkers van ongeregtigheid, en verlos my van die manne van bloed!

59:4 Want kyk, hulle lê en loer op my lewe; sterkes val my aan, sonder oortreding en sonder sonde van my kant, o HERE!

59:5 Buiten my skuld hardloop hulle en maak hulle klaar. Ontwaak, my tegemoet, en kyk!

59:6 Ja U, HERE, God van die leërskare, God van Israel, word wakker om oor al die heidene besoeking te doen; wees al die ongeregtige trouelose nie genadig nie! Sela.

59:7 Elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad.

59:8 Kyk, hulle smaal met hul mond; swaarde is op hulle lippe, want- wie sou dit hoor?

59:9 Maar U, o HERE, lag oor hulle; U spot met al die heidene.

59:10 My Sterkte, op U wil ek wag, want God is my rotsvesting.

59:11 My genadige God sal my tegemoetkom; God sal my op my vyande laat neersien.

59:12 Moet hulle nie ombring nie, sodat my volk dit nie vergeet nie: laat hulle rondswerwe deur u krag, en werp hulle neer, o Here, ons Skild!

59:13 Sonde van hulle mond is die woord van hulle lippe; laat hulle dan gevang word in hul trots, en vanweë die vloek en die leuen wat hulle vertel.

59:14 Vernietig hulle in grimmigheid, vernietig hulle, sodat hulle daar nie meer is nie; en laat hulle weet dat God heers in Jakob, tot by die eindes van die aarde! Sela.

59:15 En elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad.

59:16 Húlle swerwe rond om voedsel te soek; as hulle nie versadig word nie, vertoef hulle die hele nag.

59:17 Maar ék sal sing van u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid, want U was 'n rotsvesting vir my en 'n toevlug in die dag toe ek benoud was.

59:18 My Sterkte, tot u eer wil ek psalmsing, want God is my rotsvesting, my genadige God.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase