Index: Afrikaans

 

Psalms 111

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

111:1 Halleluja! Alef. Ek wil die HERE loof van ganser harte; Bet. in die kring van die opregtes en in die vergadering.

111:2 Gimel. Die werke van die HERE is groot; Dalet. nagespeur word hulle deur almal wat daar 'n welbehae in het.

111:3 He. Sy dade is majesteit en heerlikheid; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.

111:4 Sajin. Hy het vir sy wonders 'n gedagtenis gestig; Get. die HERE is genadig en barmhartig.

111:5 Tet. Aan die wat Hom vrees, het Hy spys gegee; Jod. Hy dink vir ewig aan sy verbond.

111:6 Kaf. Hy het die krag van sy werke aan sy volk bekend gemaak, Lamed. deur hulle die erfdeel van die heidene te gee.

111:7 Mem. Die werke van sy hande is trou en reg; Noen. al sy bevele is betroubaar.

111:8 Samek. Vasgestel is hulle vir altyd, vir ewig; Ajin. uitgevoer in trou en opregtheid.

111:9 Pe. Hy het aan sy volk verlossing gestuur; Sade. Hy het sy verbond vir ewig ingestel; Kof. sy Naam is heilig en vreeslik.

111:10 Resj. Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid; Sin. almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand. Tau. Sy lof bestaan tot in ewigheid.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase