Index: Afrikaans

 

Psalms 71

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

71:1 By U, o HERE, skuil ek: laat my nie vir altyd beskaamd staan nie!

71:2 Red my deur u geregtigheid en bevry my; neig u oor tot my en verlos my!

71:3 Wees vir my 'n rots om in te woon, om gedurig in te gaan; U wat bevel gegee het om my te verlos, want U is my rots en my bergvesting.

71:4 My God, red my uit die hand van die goddelose, uit die mag van hom wat onreg doen, en van die geweldenaar.

71:5 Want U is my verwagting, Here HERE, my vertroue van my jeug af.

71:6 Op U het ek gesteun van die geboorte af, van die moederskoot af is U my bevryder; oor U is my lof altyddeur.

71:7 Ek was vir baie soos 'n wonder; maar U is my magtige toevlug.

71:8 My mond is vol van u lof, die hele dag van u roem.

71:9 Verwerp my nie in die tyd van die ouderdom nie, verlaat my nie as my krag gedaan is nie.

71:10 Want my vyande praat van my, en die wat op my lewe loer, hou saam raad

71:11 en sê: God het hom verlaat; agtervolg en gryp hom, want daar is geen redder nie!

71:12 o God, wees nie ver van my af nie; my God, maak tog gou om my te help!

71:13 Laat hulle wat my as vyand behandel, beskaamd staan, verteer word; laat hulle wat my ongeluk soek, hulleself toedraai in smaad en skande.

71:14 Maar ék sal altyddeur hoop en al u lof vermeerder.

71:15 My mond sal u geregtigheid vertel, die hele dag u heil; want ek ken nie die maat daarvan nie.

71:16 Ek sal kom met die magtige dade van die Here HERE; ek sal u geregtigheid vermeld, dié van U alleen.

71:17 o God, U het my geleer van my jeug af, en tot nou toe verkondig ek u wonders.

71:18 En ook tot die ouderdom en die grysheid toe- o God, verlaat my nie, totdat ek aan die volgende geslag u arm verkondig, aan almal wat sal kom, u mag.

71:19 Ook is u geregtigheid, o God, tot in die hoogte; U wat groot dinge gedoen het, o God, wie is soos U?

71:20 U wat my baie en bange node laat sien het, sal my weer lewend maak en my weer ophaal uit die watervloede van die aarde.

71:21 Vermeerder my grootheid, en wend U om en troos my.

71:22 So wil ek U dan ook loof met die instrument van die harp, u trou, my God! Ek wil psalmsing tot u eer op die siter, o Heilige van Israel!

71:23 My lippe sal jubel as ek psalmsing tot u eer, en my siel, wat U verlos het.

71:24 Ook sal my tong u geregtigheid die hele dag prys, want hulle het beskaamd gestaan, want hulle wat my ongeluk soek, het rooi van skaamte geword.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase