Index: Afrikaans

 

Psalms 62

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

62:1 Vir die musiekleier; op die wysie van: Jedútun. 'n Psalm van Dawid.

62:2 Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil.

62:3 Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.

62:4 Hoe lank sal julle aanstorm op 'n man, julle almal hom verbrysel soos 'n muur wat oorhang, 'n omgestote klipmuur?

62:5 Ja, hulle hou raad om hom van sy hoogte af te stoot; hulle het behae in leuens; met hul mond seën hulle, maar met hul binneste vloek hulle. Sela.

62:6 Wees net maar stil tot God, my siel, want van Hom is my verwagting!

62:7 Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie.

62:8 By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.

62:9 Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor sy aangesig! God is 'n toevlug vir ons. Sela.

62:10 Ja, nietigheid is die mensekinders, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid.

62:11 Vertrou nie op verdrukking en bou geen ydele hoop op rowery nie; as die vermoë aangroei, sit daar die hart nie op nie!

62:12 Een ding het God gespreek, twee is dit wat ek gehoor het: dat die sterkte aan God behoort,

62:13 en aan U, o Here, behoort die goedertierenheid; want U vergeld elkeen na sy werk.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase