Index: Afrikaans

 

Job 40

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42]

40:1 En die HERE het Job uit 'n storm geantwoord en gesê:

40:2 Gord tog jou heupe soos 'n man; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My.

40:3 Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê?

40:4 Het jy dan 'n arm soos God? En kan jy donder met die stem soos Hy?

40:5 Versier jou tog met heerlikheid en hoogheid, en beklee jou met majesteit en glorie!

40:6 Giet jou toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit.

40:7 Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan.

40:8 Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in 'n verborge plek weg.

40:9 Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee.

40:10 Kyk, daar is die seekoei wat Ek gemaak het saam met jou. Gras eet hy soos 'n bees.

40:11 Kyk tog, sy krag is in sy kruis, en sy sterkte in die spiere van sy buik.

40:12 Hy hou sy stert reguit soos 'n seder; die senings van sy dye is inmekaar gevleg.

40:13 Sy gebeente is pype van koper, sy bene soos stawe van yster.

40:14 Hy is die eersteling van die weë van God; Hy wat hom gemaak het, het hom sy swaard verskaf.

40:15 Want die berge lewer vir hom voer, en al die wilde diere van die veld speel daar.

40:16 Onder lotusbome lê hy, in 'n skuilplek van riete en moeras.

40:17 Lotusbome oordek hom as sy skaduwee, die rivierwilgers omring hom.

40:18 As die rivier swel--hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis 'n Jordaan teen sy mond.

40:19 Sal 'n mens hom gryp terwyl hy jou aankyk, met vangtoue sy neus deurboor?

40:20 Kan jy die krokodil met 'n hoek uittrek? En met 'n tou sy tong afdruk?

40:21 Kan jy 'n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met 'n haak deurboor?

40:22 Sal hy jou baie smeek? Of met jou spreek in sagte woorde?

40:23 Sal hy 'n verbond met jou sluit, dat jy hom vir altyd as slaaf aanneem?

40:24 Sal jy met hom soos met 'n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders?

40:25 Sal die viskopers met hom handel drywe, hom verdeel onder die koopmans?

40:26 Kan jy sy vel vol skerp ysters steek, en met 'n vissersharpoen sy kop?

40:27 Sit jou hand op hom; dink aan die geveg; jy sal dit nie weer doen nie.

40:28 Kyk, elke hoop kom bedroë uit: sal 'n mens nie reeds by die sien van hom neerslaan nie?

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase