Index: Afrikaans

 

Job 13

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42]

13:1 Kyk, alles het my oog gesien, my oor gehoor en opgemerk.

13:2 Wat julle weet, weet ek ook: ek staan nie vir julle terug nie.

13:3 Maar ék sal met die Almagtige spreek, en ek verlang om te pleit by God.

13:4 Maar julle pleister met leuens, kwaksalwers is julle almal.

13:5 Ag, as julle maar heeltemal sou swyg--dan sou dit vir julle wysheid wees!

13:6 Hoor tog na my verantwoording, en luister na die aanvalle van my lippe.

13:7 Wil julle, tot verdediging van God, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor?

13:8 Wil julle vir Hom partydig wees? Of wil julle vir God pleit?

13:9 Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hom bedrieg soos 'n mens bedrieg word?

13:10 Hy sal julle sekerlik straf as julle in die geheim partydig is.

13:11 Sal sy hoogheid julle nie verskrik nie, en die skrik vir Hom julle nie oorval nie?

13:12 Julle kernspreuke is spreuke van as, julle skanse word skanse van klei.

13:13 Laat my met rus; dan wil ék spreek; laat dan oor my kom wat wil.

13:14 Waarom sou ek my vlees in my tande neem en my lewe neerlê in my hand?

13:15 Kyk, al wil Hy my ombring--ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.

13:16 Ook is dit my tot heil dat 'n goddelose voor sy aangesig nie sal kom nie.

13:17 Luister goed na my rede en gee gehoor aan my verklaring.

13:18 Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat ék reg sal hê.

13:19 Wie durf my dan bestry? Ja, dan sou ek swyg en sterwe.

13:20 Moet my net twee dinge nie aandoen nie, dan sal ek my vir u aangesig nie verberg nie:

13:21 trek u hand weg van my af, en laat die skrik vir U my nie beangstig nie.

13:22 Klaag dan maar aan, en ék sal antwoord; of ek sal spreek, en gee U my antwoord.

13:23 Hoeveel is my ongeregtighede en sondes; maak my my oortreding en sonde bekend.

13:24 Waarom verberg U u aangesig en hou my vir 'n vyand van U?

13:25 Wil U 'n verwaaide blaar skrik aanja en die droë stoppel agtervolg,

13:26 dat U bitter dinge oor my beskik en my die ongeregtighede van my jeug laat erwe,

13:27 en dat U my voete in die blok sit en al my paaie bewaak? U trek vir U 'n streep om die sole van my voete;

13:28 en dít iemand wat verval soos hout wat weggevreet is, soos 'n kleed wat die mot verteer.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase