Index: Afrikaans

 

Job 24

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42]

24:1 Waarom het die Almagtige vir Hom geen geregstye voorbehou nie, en sien die wat Hom ken, nie sy geregsdae nie?

24:2 Grenslyne verlê hulle; 'n trop vee roof hulle en laat dit wei.

24:3 Die esel van die wese dryf hulle weg, die bees van die weduwee neem hulle as pand.

24:4 Hulle stoot die behoeftiges van die pad af; die ellendiges van die land kruip almal saam weg.

24:5 Kyk, soos wilde-esels in die woestyn trek hulle uit na hul werk, terwyl hulle soek na voedsel; die wildernis lewer brood vir hulle, vir die kinders.

24:6 Op die veld gaan hulle voer haal, en in die wingerd van die goddelose hou hulle na-oes.

24:7 Naak bring hulle die nag deur, sonder klere, en hulle het geen bedekking teen die koue nie.

24:8 Van die stortbui van die berge word hulle nat; en by gebrek aan skuiling druk hulle hul teen die rotse vas.

24:9 Hulle ruk die weeskind van die bors af; en wat die arme aan het, verpand hulle.

24:10 Naak gaan hulle heen, sonder klere; en terwyl hulle honger het, dra hulle gerwe aan.

24:11 Tussen die mure van dié mense pars hulle olie, trap die parskuipe terwyl hulle versmag van dors.

24:12 Uit die stad kerm die manne, en die siel van die gewondes roep om hulp; tog gee God geen ag op die ongerymdheid daarvan nie.

24:13 Sulke mense behoort by die vyande van die lig: hulle ken nie die weë daarvan nie en bly nie op die paaie daarvan nie.

24:14 Teen dagbreek staan die moordenaar op, hy maak die arme en behoeftige dood, en in die nag is hy soos die dief.

24:15 En die oog van die owerspeler neem die skemeraand waar en sê: Geen oog kan my sien nie; en hy sit 'n sluier voor sy gesig.

24:16 In die duisternis breek hulle in die huise in; bedags sluit hulle hul op; hulle ken nie die lig nie.

24:17 Want vir hulle saam is die stikdonker 'n môrestond, want hulle ken die verskrikkinge van die stikdonker.

24:18 Gou dryf hul voort op die oppervlakte van die water; hulle stuk grond word vervloek in die land; hulle begeef hul nie meer op pad na die wingerde nie.

24:19 Droogte, ook hitte, roof die sneeuwater weg--so die doderyk die wat gesondig het.

24:20 Die moederskoot vergeet hom; die wurms eet smaaklik aan hom; aan hom word nie meer gedink nie: so word dan die onreg gebreek soos 'n stuk hout--

24:21 hy wat die onvrugbare plunder wat nie baar nie, en aan die weduwee geen weldaad bewys nie.

24:22 Tog laat Hy deur sy krag die magtiges lank lewe; hy wat al van sy lewe nie seker was nie, staan weer op.

24:23 God gee hom veiligheid, en hy steun daarop; en sy oë is op hulle weë.

24:24 Hulle het hul verhef--'n kort rukkie, dan is hulle daar nie meer nie; en hulle word verneder; soos almal sterwe hulle; en soos die boonste van 'n halm word hulle afgesny.

24:25 En is dit nou nie so nie, wie sal my van 'n leuen beskuldig en my rede tot niet maak?

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase