Index: Afrikaans

 

Job 20

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42]

20:1 Toe het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:

20:2 Daarom juis antwoord my gedagtes my, en wel weens my haastigheid in my.

20:3 'n Bestraffing wat vir my griewend is, moet ek aanhoor; maar die gees uit my verstand antwoord my.

20:4 Weet jy wel dit wat van altyd af was, vandat die mens op die aarde gemaak is:

20:5 dat die gejubel van die goddelose kort van duur is en die vreugde van die roekelose net vir 'n oomblik?

20:6 Al klim sy hoogheid na die hemel toe op, en al raak sy hoof aan die wolke--

20:7 soos sy eie drek vergaan hy vir ewig; die wat hom gesien het, vra: Waar is hy?

20:8 Soos 'n droom vlieg hy weg, sodat 'n mens hom nie meer vind nie; en hy word verjaag soos 'n naggesig.

20:9 Die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie.

20:10 Sy kinders moet die guns soek van armes, en met eie hande moet hy sy vermoë teruggee.

20:11 Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag; maar met hom saam lê dit in die stof.

20:12 Al smaak die kwaad soet in sy mond, al verberg hy dit onder sy tong,

20:13 al spaar hy dit, en al wil hy dit nie laat vaar nie, maar dit terughou in sy verhemelte--

20:14 tog word sy voedsel in sy ingewande verander, dit word gal van adders in sy binneste.

20:15 Rykdom het hy verslind, maar hy moet dit weer uitspuug; uit sy buik dryf God dit weg.

20:16 Die gif van adders suig hy in, die tong van 'n slang maak hom dood.

20:17 Hy mag hom nie verlustig in beke, in vloeiende strome van heuning en dikmelk nie.

20:18 Wat hy deur arbeid verkry het, gee hy terug sonder om dit in te sluk; na die maat van sy ingeruilde rykdom sal hy nie bly wees nie.

20:19 Want hy het die armes verdruk, aan hulle lot oorgelaat; 'n huis het hy geroof, maar hy sal dit nie opbou nie.

20:20 Want hy het geen rus geken in sy binneste nie; so sal hy dan nie ontsnap met sy kosbare goed nie.

20:21 Niks het ontkom aan sy vraatsug nie; daarom is sy voorspoed nie duursaam nie.

20:22 By die volheid van sy oorvloed sal hy benoud wees: al die hande van ellendiges oorval hom.

20:23 Om sy buik te vul, sal Hy teen hom uitstuur sy toorngloed, en Hy sal dit op hom laat reën as sy voedsel.

20:24 Hy sal vlug vir die ysterwapens--'n koperboog sal hom deurboor.

20:25 Hy trek--daar kom dit uit sy rug, en die glinsterende swaard gaan uit sy gal; verskrikkinge is op hom!

20:26 Pure duisternis is bewaar vir sy skatte; 'n vuur wat nie deur mense aangeblaas is nie, verteer hom; dit wei af wat in sy tent oorbly.

20:27 Die hemel openbaar sy ongeregtigheid, en die aarde staan teen hom op.

20:28 Weggevoer word die opbrings van sy huis--goed wat wegspoel op die dag van sy toorn.

20:29 Dit is die deel van die goddelose mens van die kant van God en die erfdeel wat vir hom bestem is deur God.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase