Index: Afrikaans

 

Job 35

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42]

35:1 Verder het Elíhu aangehef en gesê:

35:2 Hou u dit vir reg, noem u dit: my geregtigheid voor God,

35:3 dat u vra wat dit u baat? Wat help dit my meer as wanneer ek sou sondig?

35:4 Ék sal u antwoord gee en aan u vriende saam met u.

35:5 Kyk op na die hemel en sien, en aanskou die wolke wat hoog bo u is.

35:6 As u sondig, watter skade is dit vir Hom? En is u oortredinge baie, wat kan u Hom daarmee aandoen?

35:7 As u regverdig is, wat gee u aan Hom? Of wat kan Hy uit u hand aanneem?

35:8 U goddeloosheid raak net 'n mens soos u, en u geregtigheid 'n mensekind.

35:9 Vanweë die menigte van verdrukkinge skreeu hulle; hulle roep om hulp oor die geweld van die grotes.

35:10 Maar niemand sê nie: Waar is God, my Maker, wat lofsange gee in die nag,

35:11 wat ons meer leer as aan die diere van die aarde en ons wyser maak as die voëls van die hemel?

35:12 Dan roep hulle, maar Hy antwoord nie, vanweë die trotsheid van die kwaaddoeners.

35:13 Sekerlik, na nietige klagte luister God nie, en die Almagtige slaan daar geen ag op nie.

35:14 Hoeveel minder as u sê u sien Hom nie! Die regsaak is voor Hom: wag dan op Hom.

35:15 Maar nou, omdat sy toorn nie straf nie, en Hy nie grootliks ag gee op oormoed nie,

35:16 maak Job sy mond wyd oop in nietige gepraat, vermenigvuldig hy woorde sonder kennis.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase