Index: Afrikaans

 

Job 14

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42]

14:1 Die mens uit 'n vrou gebore, is kort van dae en sat van onrus.

14:2 Hy spruit uit soos 'n blom en verwelk; ook vlug hy soos 'n skaduwee en hou nie stand nie.

14:3 En oor so een maak U die oë oop, en U bring my voor u gereg.

14:4 Ag, kon maar 'n reine voortkom uit 'n onreine--nie een nie!

14:5 As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor kan gaan nie,

14:6 kyk dan weg van hom af, dat hy kan rus--totdat hy soos 'n dagloner hom tevrede voel met sy dag.

14:7 Want vir 'n boom is daar verwagting: as dit afgekap word, loop dit weer uit en sy loot ontbreek nie.

14:8 As sy wortel oud word in die aarde en sy stam sterf in die stof--

14:9 van die reuk van die water spruit dit weer uit, en dit maak 'n tak soos 'n jong plantjie.

14:10 Maar 'n man sterwe en is magteloos; ja, 'n mens blaas die asem uit en--waar is hy?

14:11 Die waters verdwyn uit die groot waterplas, en die rivier droog uit en lê droog--

14:12 so lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie.

14:13 Ag, as U my maar in die doderyk wou wegsteek, my wou verberg totdat u toorn bedaar het, my 'n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink!

14:14 As 'n mens sterwe, sal hy weer lewe? Dan sou ek hoop al die dae van my stryd totdat my aflossing kom;

14:15 U sou roep, en ek sou U antwoord, na die maaksel van u hande sou U verlang.

14:16 Want nou tel U my voetstappe. Let U nie op my sonde nie?

14:17 My oortreding is verseël in 'n bondeltjie, en U sluit my ongeregtigheid weg.

14:18 Maar soos 'n berg stukkend val as dit neerstort, en 'n rots versit word uit sy plek;

14:19 die water klippe glad skuur; die stortvloede daarvan die grond van die aarde wegspoel; so is die verwagting van 'n mens--U maak dit tot niet.

14:20 U oorweldig hom vir ewig, en hy gaan heen; U verander sy gelaat en stuur hom weg.

14:21 Sy kinders kom in eer, maar hy word dit nie gewaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie.

14:22 Net sy vlees aan hom voel pyn, en sy siel in hom treur.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase