Index: Afrikaans

 

Job 18

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42]

18:1 Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:

18:2 Hoe lank wil julle jaag agter woorde? Word verstandig, en daarna sal ons spreek.

18:3 Waarom word ons as vee gereken, is ons dom in julle oë?

18:4 Jy, iemand wat homself verskeur in sy toorn--sal om jou ontwil die aarde verlate wees of 'n rots uit sy plek versit word?

18:5 Ja, die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie.

18:6 Die lig in sy tent word duisternis, en sy lamp bo hom gaan dood.

18:7 Sy geweldige treë word ingekort, en sy eie plan gooi hom omver.

18:8 Want hy raak in 'n net deur sy eie voete, en hy loop oor die vlegwerk van 'n vangkuil.

18:9 'n Vangnet gryp sy hakskeen, 'n strik hou hom vas.

18:10 'n Tou is vir hom verberg in die grond en 'n valstrik vir hom op die pad.

18:11 Verskrikkinge beangstig hom aan alle kante en jaag hom so ver as hy gaan.

18:12 Sy onheil het honger, en die ondergang staan gereed vir sy val.

18:13 Die eersgeborene van die dood verteer die lede van sy liggaam, hy verteer sy lede.

18:14 Weggeruk word hy uit sy tent, die voorwerp van sy vertroue; en dit laat hom aanstap na die koning van die verskrikkinge.

18:15 Daar woon in sy tent iets wat hom nie toebehoort nie; swawel word gestrooi oor sy woning.

18:16 Onder verdroog sy wortels, en bo verwelk sy tak.

18:17 Sy gedagtenis vergaan van die aarde af, en hy het geen naam op die wye veld nie.

18:18 Hulle stoot hom uit die lig in die duisternis, en uit die wêreld verjaag hulle hom.

18:19 Hy het geen kroos of nageslag onder sy volk en niemand wat oorbly in sy wonings nie.

18:20 Oor sy dag staan die mense van die Weste verskrik, en siddering gryp die mense van die Ooste aan.

18:21 Sekerlik, so gaan dit met die wonings van die kwaaddoener en so met die plek van hom wat God nie ken nie.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase