Index: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 20

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31]

20:1 Die wyn is 'n spotter, en sterk drank 'n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie.

20:2 Die dreiging van die koning is soos die gebrom van 'n jong leeu; wie hom vertoorn, verbeur sy lewe.

20:3 Dit is 'n eer vir 'n man om van twis weg te bly, maar elke sot breek los.

20:4 In die herfs ploeg die luiaard nie; en verlang hy iets in die oestyd, dan is daar niks nie.

20:5 Die raad in die hart van 'n man mag diep waters wees, 'n man van verstand sal dit tog uitskep.

20:6 Baie mense roem hulle eie welwillendheid, maar wie vind 'n betroubare man?

20:7 Wie in sy regskapenheid wandel as 'n regverdige--gelukkig is sy kinders ná hom.

20:8 'n Koning wat op die regterstoel sit, wan met sy oë alles uit wat sleg is.

20:9 Wie kan sê: Ek het my hart suiwer gehou, ek is rein van my sonde?

20:10 Twee soorte gewig, twee soorte maat--hulle altwee is vir die HERE 'n gruwel.

20:11 Die seun laat hom alreeds aan sy handelinge ken, of sy handelwyse suiwer en of dit reg is.

20:12 'n Oor wat hoor, en 'n oog wat sien--die HERE het hulle altwee gemaak.

20:13 Moenie die slaap liefhê, sodat jy arm word nie; maak jou oë oop, dat jy jou met brood kan versadig.

20:14 Sleg, sleg! sê die koper; maar as hy wegloop, beroem hy hom.

20:15 Daar is goud en 'n menigte korale, maar 'n kosbare sieraad is die lippe van kennis.

20:16 Neem sy kleed weg, want hy het vir 'n ander borg gestaan, en neem hom as pand vir die vreemdes.

20:17 Soet is vir 'n mens die brood van bedrog, maar daarna word sy mond vol gruisklippertjies.

20:18 Planne kom deur beraadslaging tot stand; voer dan oorlog met goeie oorleg.

20:19 Wie met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar; laat jou dus nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie.

20:20 Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lamp gaan in pikdonker dood.

20:21 'n Besit wat by die begin haastig bymekaargeskraap is--die einde daarvan sal tog nie geseënd wees nie.

20:22 Moenie sê: Ek wil die kwaad vergelde nie! Wag op die HERE, dat Hy jou help.

20:23 Twee soorte gewig is vir die HERE 'n gruwel, en 'n valse weegskaal is nie goed nie.

20:24 Die voetstappe van 'n man hang van die HERE af: hoe sou 'n mens dan sy weg verstaan?

20:25 Dit is vir die mens 'n strik dat hy onbedagsaam sê: Heilig! om dan eers ná die geloftes te oorweeg.

20:26 'n Wyse koning wan die goddelose uit en laat die dorswiel oor hulle draai.

20:27 Die gees van die mens is 'n lamp van die HERE, dit deursoek al die kamers van die binneste.

20:28 Liefde en trou behoed die koning, en deur liefde stut hy sy troon.

20:29 Die sieraad van die jongmanne is hulle krag, en die versiersel van grysaards is grys hare.

20:30 Bloedige wonde suiwer die kwaad uit en slae die kamers van die binneste.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase