Index: Afrikaans

 

Die Evangelie volgens Johannes 20

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21]

20:1 En op die eerste dag van die week kom Maria Magdaléna vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf weggeneem was.

20:2 Sy hardloop toe en kom by Simon Petrus en by die ander dissipel vir wie Jesus liefgehad het, en sę vir hulle: Hulle het die Here uit die graf weggeneem, en ons weet nie waar hulle Hom neergelę het nie.

20:3 Toe gaan Petrus en die ander dissipel uit en kom by die graf.

20:4 En die twee het saam gehardloop, en die ander dissipel het vooruit gehardloop, vinniger as Petrus, en eerste by die graf gekom.

20:5 En terwyl hy neerbuk, sien hy die doeke lę; maar hy het nie ingegaan nie.

20:6 Toe kom Simon Petrus agter hom aan en gaan in die graf en sien die doeke lę;

20:7 en die doek wat op sy hoof was, sien hy nie by die doeke lę nie, maar opgerol op een plek afsonderlik.

20:8 Daarop het ook die ander dissipel wat eerste by die graf gekom het, ingegaan, en hy het gesien en geglo.

20:9 Want hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Hy uit die dode moes opstaan nie.

20:10 En die dissipels het weer huis toe gegaan.

20:11 Maar Maria het buitekant by die graf gestaan en ween; en terwyl sy ween, buk sy na die graf toe

20:12 en sien twee engele daar sit met wit klere aan, een by die hoof en een by die voete waar die liggaam van Jesus gelę het.

20:13 En hulle sę vir haar: Vrou, waarom ween jy? Sy antwoord hulle: Omdat hulle my Here weggeneem het, en ek weet nie waar hulle Hom neergelę het nie.

20:14 En toe sy dit gesę het, draai sy haar om agtertoe en sien Jesus staan, en sy het nie geweet dat dit Jesus was nie.

20:15 Jesus sę vir haar: Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy? Sy het gedink dat dit die tuinier was en antwoord hom: Meneer, as u Hom weggedra het, sę vir my waar u Hom neergelę het, en ek sal Hom wegneem.

20:16 Jesus sę vir haar: Maria! Sy draai haar om en sę vir Hom: Rabboeni! dit beteken Meester.

20:17 Jesus sę vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sę vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.

20:18 Maria Magdaléna het aan die dissipels gaan vertel dat sy die Here gesien het en dat Hy dit vir haar gesę het.

20:19 En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Jesus gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesę: Vrede vir julle!

20:20 En nadat Hy dit gesę het, wys Hy hulle sy hande en sy sy. En die dissipels was bly toe hulle die Here sien.

20:21 Jesus sę toe weer vir hulle: Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.

20:22 En nadat Hy dit gesę het, blaas Hy op hulle en sę vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.

20:23 As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou.

20:24 En Thomas wat genoem word Dídimus, een van die twaalf, was nie saam met hulle toe Jesus gekom het nie.

20:25 Die ander dissipels sę toe vir hom: Ons het die Here gesien! Maar hy het vir hulle gesę: As ek nie in sy hande die merk van die spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.

20:26 En agt dae daarna was sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle. En Jesus het gekom terwyl die deure gesluit was, en het in hul midde gestaan en gesę: Vrede vir julle!

20:27 Daarna sę Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig.

20:28 En Thomas antwoord en sę vir Hom: My Here en my God!

20:29 Jesus sę vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.

20:30 Nog baie ander tekens het Jesus voor sy dissipels gedoen wat in hierdie boek nie beskrywe is nie;

20:31 maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hę in sy Naam.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase