Index: Afrikaans

 

Titus 2

[1] [2] [3]

2:1 Maar spreek jy wat by die gesonde leer pas.

2:2 Die ou manne moet nugter wees, waardig, ingetoë, gesond in die geloof, in die liefde, in die lydsaamheid.

2:3 Die ou vroue moet ook in hulle gedrag wees soos dit die heiliges betaam, geen kwaadspreeksters of aan baie wyn verslaaf nie, maar leraresse van wat goed is,

2:4 sodat hulle die jong vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê,

2:5 ingetoë te wees, kuis, huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God nie belaster word nie.

2:6 Vermaan die jong manne net so om ingetoë te wees.

2:7 Betoon jou in alles 'n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid, opregtheid.

2:8 Laat die woord gesond en onweerspreeklik wees, sodat die teëstanders beskaam kan word en niks slegs kan hê om van julle te sê nie.

2:9 Die diensknegte moet onderdanig wees aan hul eie here, hulle in alles behaag en nie teëpraat nie;

2:10 hulle moet niks ontvreemd nie, maar alle goeie trou betoon, sodat hulle die leer van God, ons Verlosser, in alles kan versier.

2:11 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn

2:12 en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,

2:13 terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus,

2:14 wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself 'n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.

2:15 Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle erns. Laat niemand jou verag nie.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase