Index: Afrikaans

 

1 Korinthërs 3

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16]

3:1 En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus.

3:2 Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie,

3:3 omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?

3:4 Want as die een sę: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos--is julle nie vleeslik nie?

3:5 Wie is Paulus dan, en wie Apollos anders as dienaars deur wie julle gelowig geword het? En dit soos die Here aan elkeen gegee het.

3:6 Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei.

3:7 So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei.

3:8 Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang.

3:9 Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.

3:10 Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos 'n bekwame boumeester die fondament gelę, en 'n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.

3:11 Want niemand kan 'n ander fondament lę as wat daar gelę is nie, dit is Jesus Christus.

3:12 En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels--

3:13 elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.

3:14 As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;

3:15 as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

3:16 Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?

3:17 As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.

3:18 Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie węreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;

3:19 want die wysheid van hierdie węreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;

3:20 en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.

3:21 Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle;

3:22 of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die węreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge--alles behoort aan julle;

3:23 maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.

 

Created with FREE HTMLCompiler by BibleDatabase